s’thwathwa

Francis Grobler

Afrikaanse digbundel

Description

Waarskynlik dié mees intense versameling gedigte uit die pen van Grobler wat behoorlik hulle ink werd is. Die leser laat 90 kragtige, diepsinnige boodskappe en kopskilderye in die midde van die leser.

Hierdie unieke bundel debatteer geheimenisse en ontbloot die intriges en vraagtekens van elke faset van die lewe, tot op die been. Getrou aan die digter se vrygees-woordkuns is s’thwathwa weereens die voortreflike vrug van ’n vrydenker. Op haar geboortedag word die digter deur die Zoeloes vernoem na ’n swartryp-frats wat die omgewing tref. Sy word s’thwathwa (Isithwathwa), wat ryp of ys beteken – die titel van hierdie bundel. Soos in Grobler se vroeëre werke en as kind van die aarde, word haar intense band met die natuur steeds die basis waarop sommige van haar werke staan.



Grobler se debuutbundel, pyltjies innie sand word vrygestel in 2007. Daaropvolgende werke sluit in duskant annerkant, Wie Ore Het en aard. ’n Versameling van Grobler se ander werke word vervat in die omnibusse Vier Seisoene; Dissekteer die Reënboog en Die Tiende Provinsie. Van haar gedigte verskyn ook op die webwerf van DeKAT-tydskrif.

In Grobler se mees onlangse werke en met die ondersteuning van bekende name in die musiekbedryf, word poësie, beelde en musiek meesterlik vervleg tot kragtige vlerke met intense boodskappe. Verskeie woordkuns-en-musiekvideo’s is deel van haar vindingryke penvrugte. Haar nuutste bundel s’thwathwa is ’n versameling intense gedigte wat behoorlik hulle ink werd is. “Want dit is wat dit is.” Só sê sy.


Hierdie bundel is binnekort beskikbaar deur Piquet Books en/of deur die skrywer self. Dit behoort teen ongeveer 14 Februarie 2019 beskikbaar te wees. Indien jy belangstel om dit te bekom, stuur solank ’n epos aan info@piquetbooks.com. Die prys is R100 per bundel (PFD).


Facebook: Francis G-digte; Francis Steyn Grobler.

E-posadres: francis.grobler@telkomsa.net

YouTube-skakels: Engel by Bethesda (Cheree); Kragtens die wet op Swye (Cheree); Saartjie (Jaco Blomerus); Versmakers (Cheree); Liewe Boer (Cheree).







Bonsai – The Strangler Phenomenon /// I am still here /// Ek is nog hier

The Western Breeze

Directory

Advertise any product or service in the Piquet Econo Ads section which appears at the bottom of EACH page, for only R240 per year.

Four images and 1 500 characters are allowed. Jump in while it is still new!

For more information on how to get an Econo Ad, visit this page.


VPH Films Promotional Video:

Reviews

There are no reviews yet.

Be the first to review “s’thwathwa”

Your email address will not be published. Required fields are marked *