Skryf ’n e-boek

R75.00

Handige e-gids oor die skryf en bemarking van e-boeke.

Thomas Mollett

Piquet Publishers

Nie-fiksie

PDF-formaat – 18 bladsye

Om die e-boek te koop, gebruik ‘Add to cart’ (onder), of indien jy liefs per EFT wil betaal, stuur ’n e-pos aan order@piquetbooks.com, of maak gebruik van die kontakvorm verder ondertoe, waarna ’n faktuur aan jou ge-e-pos sal word. Nadat betaling gemaak is, sal die e-boek aan jou ge-e-pos word, binne 8 ure. Let daarop, hierdie webtuiste is ‘Secure’.

Description

Enigeen kan vandag maklik ’n e-boek skryf en wêreldwyd verkoop. Die hedendaagse tegnologie, die Internet, en veral sosiale media, maak dit makliker as ooit tevore. Jy hoef geen ervare of goeie skrywer te wees nie en jy hoef ook nie honderde bladsye uit te wurg nie. Maar om die kanse op sukses te verhoog, moet ’n bemarkbare produk geskep word; én jy moet weet hoe en waar om die e-boek te bemark en te verkoop.

In hierdie baie handige e-gids bring Thomas Mollett sy jare lange ondervinding as skrywer, redakteur en uitgewer (en self-uitgewer) bymekaar om aan die voornemende e-boek-skrywer baie nuttige wenke te verskaf oor die skryfproses, en ook hoe om die e-boek te bemark en te verkoop (insluitende op Amazon.com).

Het jy ’n passie oor ’n sekere onderwerp, of weet jy meer daarvan as ander, en wil graag jou kennis met ander deel? Wil jy dalk begin om ’n naam te maak as ’n kortverhaal- or romanskrywer? Het jy vakkundige kennis wat jy met ander wil deel? Waarom nie ’n e-boek daaroor skryf en uitbring nie? Afgesien daarvan dat dit vir jou deure in die toekoms kan oopmaak, kan dit ook jou inkomste aanvul (as jy gelukkig is, kan jy selfs baie geld daaruit maak). e-Boeke kan teen geringe koste geskep en bemark word, met ’n baie hoë wins-marge.

Jy kan ook ’n e-boek skep as ’n bemarkingsimplement en dit dan gratis weggee om jou produk of diens te bemark. Die moontlikhede is eindeloos.

Hierdie kort en kragtige gids sal jou help om aan die gang te kom en sal jou van praktiese en tegniese raad voorsien ten einde ’n funksionele, netjiese en bemarkbare e-boek te skep. Dit sal ook die hedendaagse bemarkingsplatforms aan jou verduidelik en hoe jy te werk moet gaan om veral Facebook Bemarking tot volle potensiaal te gebruik.

Nog nooit was daar ’n beter tyd om e-boeke te skryf en te bemark as nou nie! Maar in die oorlaaide mark moet jy moet uitstaan en kreatief wees. Hierdie gids sal jou met hierdie opwindende proses help.

“And by the way, everything in life is writable about if you have the outgoing guts to do it, and the imagination to improvise. The worst enemy to creativity is self-doubt.” – Sylvia Plath


Om die e-boek te koop, gebruik ‘Add cart’ (bo regs), of indien jy liefs per EFT wil betaal, stuur ’n e-pos aan info@piquetbooks.com, of vul die onderste kontakvorm in, waarna ’n faktuur aan jou ge-e-pos sal word. Nadat betaling gemaak is, sal die e-boek aan jou ge-e-pos word, binne 8 ure. Let daarop, hierdie webstuiste is ‘Secure’. Die PDF-e-boek kan maklik uitgedruk word as jy dit nie op skerm wil lees nie.



Ek is nog hier /// s’thwathwa

Directory

Advertise any product or service in the Piquet Econo Ads section which appears at the bottom of EACH page, for only R240 per year.

Four images and 1 500 characters are allowed. Jump in while it is still new!

For more information on how to get an Econo Ad, visit this page.

Reviews

There are no reviews yet.

Be the first to review “Skryf ’n e-boek”

Your email address will not be published. Required fields are marked *