pyltjies innie sand

Francis Grobler

Afrikaanse digbundel + CD

Description

Debuutbundel van Francis Grobler met ʼn versameling van 74 gedigte.

In 1994 verloor Grobler haar broer – die oorsaak van haar eerste digklanke. Dertien jaar later word ’n nederige en grootliks vastevers-bundel, pyltjies innie sand vrygestel. ’n Skamerige bundel, maar nie oorversigtig nie. As plaaskind en buitengewone denker groei die natuur wortels deur haar en haar versugting vir die aarde en die eenvoud daarvan word weerspieël in haar woordkuns. Dit is ook die begin van ʼn skryfstyl sonder hoofletters, waarmee Grobler haar geringheid voor God en skryfkuns benadruk. Dit word ’n soort “instelling” van Grobler se werke.

16 Toonsettings uit hierdie gedigte deur Tony Ridgway en gesing deur Wynand Strydom.

Kontak Francis Grobler direk vir meer inligting en/of aankope.

Sien ook ander werke deur Grobler: aard /// duskant annerkant


Youtube-video van ‘Liewe Boer’ (Cheree):


Meer oor Francis Grobler

Grobler is ’n vrygees woordkunstenaar met ’n ongewone prentjie-kop. ‘n Poëet wat haar min steur aan dig-konsekwente kegels, kalibrasies of spesifikasies. Woorde is haar waterverf en digkuns die doek. Die eindproduk is meestal onverwags – selfs vir die digter. ’n Vrydenker. ’n Dromer. ’n Kind van die aarde.

Sy is gebore as Francis Steyn. Sy word deur die Zoeloes vernoem na die swartryp-frats op haar geboortedag – Isithwathwa wat ryp of ys beteken. Dit is dan ook die titel van haar nuutste bundel.

As plaaskind groei die natuur wortels deur haar en haar versugting vir die aarde en die eenvoud daarvan word weerspieël in haar woordkuns.

Grobler se debuutbundel, pyltjies innie sand, word vrygestel in 2007. Daaropvolgende werke sluit in duskant annerkant, Wie Ore Het en aard. ’n Versameling van Grobler se ander werke word vervat in die omnibusse Vier Seisoene; Dissekteer die Reënboog en Die Tiende Provinsie. Van haar gedigte verskyn ook op die webwerf van DeKAT-tydskrif.

In Grobler se mees onlangse werke en met die ondersteuning van bekende name in die musiekbedryf, word poësie, beelde en musiek meesterlik vervleg tot kragtige vlerke met intense boodskappe. Verskeie woordkuns-en-musiekvideos is deel van haar vindingryke penvrugte. Haar nuutste bundel s’thwathwa is ’n versameling intense gedigte wat behoorlik hulle ink werd is. “Want dit is wat dit is.” Só sê sy.

Facebook: Francis G-digteFrancis Steyn Grobler

E-posadres: francis.grobler@telkomsa.net



Nog YouTube-videos: Engel by Bethesda (Cheree);  Kragtens die Wet op Swye (Cheree);  Saartjie (Jaco Blomerus); Versmakers (Cheree)



Jy ken daardie deur /// As alles rondom jou sink /// As jy deur vuur gaan /// In die Koninkryk van die Lam

aard /// s’thwathwa /// duskant annerkant /// pyltjies innie sand

The Western Breeze

Directory

Advertise any product or service in the Piquet Econo Ads section which appears at the bottom of EACH page, for only R240 per year.

Four images and 1 500 characters are allowed. Jump in while it is still new!

For more information on how to get an Econo Ad, visit this page.

Reviews

There are no reviews yet.

Be the first to review “pyltjies innie sand”

Your email address will not be published. Required fields are marked *