Praat-praat in Tamatiestraat

Hennie van Deventer

Griffel Media, 2010 / De Novo

210 bladsye

Description

In Praat-praat in Tamatiestraat kom allerlei rubrieke, stories en anekdotes uit Hennie van Deventer se stal, digitaal en op uit-die-oude-doos papirus, ná uiteenlopende omswerwinge finaal by ’n nuwe adres tuis. Die 70-stuks kostelike hoofstukke is elkeen bedoel om die lagspiere te prikkel.


Lees meer & Koop by De Novo


’n Arme drommel wil ’n einde maak aan alles – toe word sy “sterfbed” onder hom uit gekaap. Ouma se rooi nagrok verdwyn geheimsinnig uit die ouetehuis op romantiese uitstappies. ’n Entoesiastiese dame sonder ’n draad storm met ’n oorlogskreet op haar lippe swembad toe – en ontdek, tot in haar siel geskok, ’n onverwagte toeskouer.

Die skrywer se storiebundel weerspieël allerlei verleenthede, skades en skandes wat hy in sy omswerwinge slagoffers sien en hoor oorkom het, of, helaas, self oorgekom het. Met die fyn oor van die joernalis het hy ’n ryke storie-oes opgebou. In Praat-praat in Tamatiestraat is letterlik honderde stories verewig of apokrief, en plek-plek met meer as net ’n knippie stout!

In ’n 70-stuks kostelike hoofstukke word ’n legio temas ontgin: die stuitighede by begrafnisse; die vuur en avontuur van opwindende laat-liefdes; krom en skewe kommunikasie; dikvellige kuiergaste; mediese moleste, betjoinste boetebessies … noem maar op.

Die stories in die boek kom hoofsaaklik uit die skrywer se eie twee “bloggies”, terwyl stukkies herwin is uit die dagblad Beeld se ‘My-Storie’-rubriek en By.

Hennie van Deventer  was in sy vroeë loopbaan parlementêre verslaggewer, hoofsubredakteur en nuusredakteur van Die Volksblad, asook eerste nuusredakteur en adjunk-redakteur by Beeld. In sy agtiende jaar as joernalis word hy in 1980 op 39 jaar redakteur van Die Volksblad. Ná 12 jaar in hierdie hoedanigheid aanvaar hy in 1992 die uitnodiging van Ton Vosloo om Kaap toe te kom as uitvoerende hoof van koerante.

Die Nasionale Pers het sy hoogste eerbewys, die Phil Weber-medalje, in 1997 aan hom toegeken. Vererings het ook gekom van o.m. sy skool, sy alma mater, Drukmedia SA en die Vrystaatse Universiteit. Drukmedia SA het verklaar: “Hennie holds a reputation of great stature both within the local industry and within the newspaper publishing fraternity across the globe.”

Met sy aftrede in 1998 het hierdie kanniedood-koerantman hom opnuut hart en siel in sy eerste liefde gewerp, en weer begin skryf, skryf, skryf met Praat-praat in Tamatiestraat een van die resultate.


Titles A-Z

Travel Directory



Reviews

There are no reviews yet.

Be the first to review “Praat-praat in Tamatiestraat”

Your email address will not be published. Required fields are marked *