NLP – Ontgin die briljantheid in jou

Jorgan Harris

Griffel Media, 2011

Populêre sielkunde – Nie-fiksie

320 bladsye

Description

In hierdie titel oor NLP bring Jorgan Harris die populêre wetenskap na die leser in ’n gemaklike en praktiese styl. Harris is ’n opgeleide, professionele en praktiserende sielkundige met ’n spesiale belangstelling in NLP. Neuro-Linguistiese Programmering (NLP) is ’n ongelooflike kragtige stuk gereedskap wat jou in staat stel om die strukture van menslike kommunikasie en uitnemendheid te ontsluit. Deur dít te doen, kan mense meer effektief dink, kommunikeer en hulleself, en ander, beter bestuur.

NLP ontdek die verhouding tussen hoe ons dink (neuro), hoe ons kommunikeer (linguisties) en ons gedragspatrone en emosies (programme). Deur hierdie verhoudings te bestudeer en daardeur te leer, kan mense effektiewelik verander hoe hulle tradisioneel dink en optree, deurdat nuwe, meer suksesvolle lewensmodelle aangeneem word. In kort, NLP is ’n kragtige katalisator van veranderings wat ’n positiewe impak het op die manier waarop mense dink en optree, en kan uitsonderlike persoonlike en professionele resultate teweegbring. Dit is daarom dat NLP een van die beste apparate is om te gebruik in besigheidsbestuur, sielkunde, sport, opleiding, afrigting en ander vorme van persoonlike ontwikkeling.

Om die boek te bekom, of vir meer besonderhede, kontak die skrywer.

Jorgan Harris se webtuiste



Wees Ryk /// Aantekeninge teen die skemeruur /// Woorde roes in die water /// Rangeer

Kabura Travel & Tours

Directory

Advertise any product or service in the Piquet Econo Ads section which appears at the bottom of EACH page, for only R240 per year.

Four images and 1 500 characters are allowed. Jump in while it is still new!

For more information on how to get an Econo Ad, visit this page.

Reviews

There are no reviews yet.

Be the first to review “NLP – Ontgin die briljantheid in jou”

Your email address will not be published. Required fields are marked *