Net voor die droogte my breek

Anoeschka von Meck

Christelike Lektuurfonds, November 2019

Description

Daar is ’n swaarkry in ons land waarvan min die werklike omvang verstaan … veral diegene wat knus deur stede omvou word …

Maar reis jy net ’n paar uur in amper enige rigting van hierdie stede waar water in jou naaste kraan is en jou middagete gerieflik op die naaste winkelrak wag, is dit soos ʼn ander wêreld … die verwoestende droogte wat mens en dier op hulle knieë het … stukkend, gebreek, letterlik sterwend, onmenslike verhale van verliese, sterwende diere en boere wat opgee, oppak en wonder of dit die moeite werd is om nog te lewe …

Maar, hier vind jy ook verhale van hoop … mense wat in ’n gebroke wêreld opnuut uitreik na mekaar, konvooie voer wat aangery word van dele wat wel goeie reëns gehad het, iemand wat R10 afknyp om ’n droogtehulpfonds te ondersteun – want vele tien rande maak dat daar brandstof is vir ’n vragmotor om ʼn vrag geskenkte voer weg te neem. Verhale van droogte binne dié droogte … van siektes en seer en vashou aan Hoop ver bo menseverstand …

Dit is hierdie verhale wat Anoeschka gaan haal het op haar reis van Calvinia na Gamoep, tot amper by die Botswana grens oor Vanderbijlpark, Bultfontein om na Jansenville en Aberdeen en oorvertel word in Net voor die droogte my breek. Hierdie stories van hoop wat aan ander mense wat hulself ook in ’n “droogte” bevind, hoop sal bring.

Net voor die droogte my breek is ’n inspirerende boodskap uit die hart en mond van mense wat te midde van swaarkry met verwagting vorentoe beur.

Lees Uittreksel


Koop op Graffiti


Titles A-Z

Travel Directory


Reviews

There are no reviews yet.

Be the first to review “Net voor die droogte my breek”

Your email address will not be published. Required fields are marked *