Liefdesverduistering

Carien Punt

Publikasiedatum: 2018

160 bladsye

Categories: ,

Description

“… Dit is toe sy om die hoek van die systoep kom, dat sy hulle sien. Sy steek in haar spore vas. Ongeveer vyftien voet voor haar staan Gerhard en Hanna in ’n omhelsing. Dit voel asof haar bloed stol. Haar voete voel onnatuurlik groot en lomp, haar bene stokstyf. Daar is ’n suising in haar ore en sy raak skielik oorbewus van die koue sementvloer onder haar kaal voete. Hoe lank hunker sy nie nou al daarna dat hy haar weer so moet vashou nie?”

Vir ’n negentiende-eeuse boervrou is die opgewekte Lientjie besonder selfstandig en selfgeldend, maar die afgelope ruk maak Gerhard se afsydigheid en onredelikheid haar baie ongelukkig. Haar pogings om die gapende afgrond tussen haar en Gerhard te oorbrug werp geen vrugte af nie en laat haar net nog meer verwerp en stukkend voel. As hy boonop skielik meer liefdevol en besorgd teenoor hul buurvrou as teenoor haar begin optree, is dit ’n bitter pil om te sluk.

Uit moedeloosheid neem sy ’n waaghalsige besluit – ’n besluit wat veroorsaak dat Nicolas Smith, ’n delwer wat die toeval oor haar pad gestuur het, ’n steunpilaar in haar gesin se lewe word…

Carien het nog altyd ’n passie vir lees en skryf gehad en vind dit net so ontspannend en terapeuties as om in die natuur te ontspan. Sy hou van die buite lewe, om lekker te lag, om saam met vriende te kuier en om te reis en ander wêrelde en kulture te ontdek. Haar man, Jeremy, hul vier kinders en drie kleinkinders is die heel belangrikste in haar lewe. Sy woon in Stellenbosch waar sy as projekbestuurder werk en mede-eienaar van ’n juweliersbesigheid is.


Meer Inligting & Bestel


Titles A-Z



Reviews

There are no reviews yet.

Be the first to review “Liefdesverduistering”

Your email address will not be published. Required fields are marked *