Laatoes – Kykweer van ’n kanniedood koerantman

Hennie van Deventer

Naledi

Nie-fiksie

R190

Bestel by: info@naledi.online 

Description

Met ’n fyn uitgesoekte seleksie geleentheidstukke kyk koerantredakteur Hennie van Deventer terug op ’n glansryke loopbaan in die Suid-Afrikaanse joernalistiek. Die reikwydte van die sketse is enorm: van begrafnisse tot feeste; van herdenkings tot bekendstellings; van humor tot ernstige besinnings; van die intiem-persoonlike tot die openbare.

Trouens, met Laatoes word ons nie net met die totale omvang van menswees gekonfronteer nie, maar besef die leser ook algaande hoe indrukwekkend dit is om die lewe met waardigheid en deernis te leef.

Die uiteenlopende persoonlikhede wat aan die bod kom, is met Van Deventer se kenmerkende pittigheid en fyn waarneming gepenskets; in dié mate dat die leser telkens getref word deur die enorme stuk menslikheid en patos wat deur die teks na vore gebring word.

Wat die bundel die leesplesier maak wat dit is, is die humorstukke. Trouens, dit is wanneer hierdie kanniedood-koerantman sy geestigheid ten toon stel, dat die leser besef dat jy hier met die skryfwerk van ’n besonderse woordsmid te make het. Nie dat die ander woordportrette in hierdie versameling óóít heeltemal sonder humor is nie! Dit is juis dié vonkel-in-die-oog-kyk na sake, wat hul aard ook al mag wees, wat Van Deventer van die meeste ander onderskei



Bonsai – Die Wurgverskynsel /// s’thwathwa /// 3-Set Special

The Western Breeze

Directory

Advertise any product or service in the Piquet Econo Ads section which appears at the bottom of EACH page, for only R240 per year.

Four images and 1 500 characters are allowed. Jump in while it is still new!

For more information on how to get an Econo Ad, visit this page.

Reviews

There are no reviews yet.

Be the first to review “Laatoes – Kykweer van ’n kanniedood koerantman”

Your email address will not be published. Required fields are marked *