Grusaam: Die dade en geweldenaars wat Suid-Afrika geruk het

De Wet Potgieter

Zebra Press; Oktober 2015

240 bladsye

Description

In hierdie boek loop die ondersoekende joernalis De Wet Potgieter terug op die spore van ’n klomp geweldenaars in Suid-Afrika se geskiedenis. Dié geweldsmisdade, wat van die laat tagtigerjare tot in die nuwe millennium gepleeg is, wissel van fanatiese verregses wat medeburgers koelbloedig afmaai, tot geweldenaars wat hoëprofiel-staatsmoorde gepleeg het. Hy neem die leser tot agter die skerms van die mees omstrede voorvalle in ons land.

Met sy onverskrokke skryfstyl trek Potgieter jou midde-in die sake in. In Grusaam deel hy inligting wat nog nie voorheen openbaar gemaak is nie. Wat het werklik die nag van 17 Junie 1992 in Boipatong gebeur? Wat was die dryfkrag agter die gru-aanval op Alison Botha? Wat het van die doodgewone polisieman André Stander ’n gewetenlose bankrower gemaak? Wie het eerste die verband tussen Gert van Rooyen se slagoffers en ’n moontlike mensehandelsaak raakgesien? 

Potgieter vertel hoe hy as joernalis te werk gegaan het om verslag te doen oor elk van dié grusame sake. Hierdie boek neem jou terug na die bloedige koerant-opskrifte van gister.


Koop op Loot

Koop op Takealot



Titles A-Z



Reviews

There are no reviews yet.

Be the first to review “Grusaam: Die dade en geweldenaars wat Suid-Afrika geruk het”

Your email address will not be published. Required fields are marked *