Gert & Joey

Pieter van Zyl

Zebra Press, September 2018

168 bladsye

Description

Vir Suid-Afrikaners het hierdie begrippe sinoniem geword met die name van Gert van Rooyen en Joey Haarhoff. In die dertig jaar sedert die tragiese verdwyning van ses jong skoolmeisies en die dramatiese skietdood van die land se berugste egpaar, hang onbeantwoorde vrae steeds in die lug. Die makabere raaisels wat hulle agtergelaat het, het nie saam met hulle gesterf nie.

Joernalis Pieter van Zyl gee in hierdie boek, waarvoor hy eksklusiewe toegang tot Huisgenoot se uitgebreide argief gehad het, ’n volledige oorsig oor dié voortslepende sage. Rolspelers wat direk by die saak betrokke is en was, se insigte en ervarings word betrek om opnuut sin van die tragedie te probeer maak. Naasbestaandes van die meisies wat verdwyn het, asook dié van Van Rooyen en Haarhoff, is deur die skrywer genader. Kenners, waaronder sielkundiges, kriminoloë, baasspeurders, handskrifontleders en selfs sieners, verskaf ’n sonderlinge blik op die gebeure wat by Suid-Afrikaners blý spook.

Die tragedie verkry ’n nuwe dimensie wanneer dit beskou word teen die agtergrond van Suid-Afrika drie dekades gelede. Dit blyk ook dat Van Rooyen en Haarhoff nie in isolasie kon optree nie, maar waarskynlik deel was van ’n uitgebreide misdaadnetwerk.

Hiertoe boek sal niemand koud laat nie.


Koop op Loot – R205

Koop op Takealot – R189


Koop op Amazon


Titles A-Z

Travel Directory


Reviews

There are no reviews yet.

Be the first to review “Gert & Joey”

Your email address will not be published. Required fields are marked *