Droom binne ’n droom

Jorgan Harris

Malherbe Uitgewers, 2021

A5 formaat – 195 bladsye

R199

Bestel hier

Description

Wat is die verskil tussen realiteit en droom; waarheid en illusie? Filosowe bly aanhoudend vra wat waarheid is. Wat is hierdie lewe? Is dit ’n werklikheid of net verbeelding? Of is ons net gekke wat dink ons lewe maar eintlik reeds dood is? Dalk is ons dood en dink ons lewe.

Dalk is die slaap die dood. Of dalk die lewe. Is hierdie lewe net ’n slaap, ’n droom in die Groter Slaap? Of is die dood juis die ontwaking uit die slaap waarin ons nou is? Dalk is die dood die lewe. Of dalk is die lewe die dood. Met hierdie digbundel, losweg geweef rondom hierdie idees en filosowe se interpretasies, neem Jorgan Harris jou, soms sinies, soms somber, selde humoristies, dalk gedagtig deur die tog van die lewe. Vanaf die begin, die droom, die liefde en die ontnugtering van die realiteit, die dood, ons nalatenskap en bespiegeling oor wat daarna gebeur… sonder antwoorde.

Jorgan is ’n kliniese sielkundige van beroep en het die bundel saamgestel uit stories en ervaringe wat hy uit sy terapeutiese stoel gehoor en ervaar het – sy kliënte se lief, leed en soms ontnugtering. Hul wonder en vrae laat hom egter nie onaangeraak nie, en laat hom selfs wonder of sielkunde net gaan oor dit wat met ons in die hier-en-nou gebeur. Jorgan is spesifiek ’n hipnoterapeut en wonder ook oor die wakker en die slaap, maar veral oor die spasie tussen die twee. Hy wonder of die slaap die wakker is en of die wakker die slaap is – wat aan die ander kant van die slaap is en wat op ons wag. Wonder oor die groter vrae en dieper realiteite waarmee sielkundiges werk en tog nie werk nie.


Titles A-Z

Travel Directory


Reviews

There are no reviews yet.

Be the first to review “Droom binne ’n droom”

Your email address will not be published. Required fields are marked *