Boerekryger

Albert Blake

Tafelberg, Junie 2012

272 bladsye

Description

Op 17 sluit die talentvolle maar aweregse Henning Viljoen, ’n agterkleinseun van Piet Retief, by die Boeremagte aan. Vir die volgende twee jaar beskryf hy die lewe op kommando in sy dagboeke voordat hy tragies op die slagveld in sy pa se arms sterf.

Op 17 sluit die talentvolle maar aweregse Henning Viljoen, ’n agterkleinseun van Piet Retief, by die Boeremagte aan. Vir die volgende twee jaar beskryf hy die lewe op kommando in sy dagboeke voordat hy tragies op die slagveld in sy pa se arms sterf. Die jonge Henning se eerlike, lewendige beskrywings bied ’n unieke perspektief op die oorlog in reguit en ongekunstelde taal. Wanneer hy byvoorbeeld mooi Boeremeisies op die plase teekom, is sy reaksies tipies van ’n jong man. Hy vertel egter ook van swaarkry en verliese, asook sy skok oor fusillerings. By een geleentheid moes hy toekyk hoe twee swart mans – eens sy speelmaats – tereggestel word. Die dagboeke vertel van die noue band tussen hom en sy korrelkop pa, ’n generaal. Na sy seun se dood sukkel sy pa om tot berusting te kom en lewer ’n anti-oorlog pleidooi in ’n brief aan genl. Louis Botha. Die laaste hoofstuk ondersoek die Bittereinders se sielkundige motivering. Blake vra ook die kritiese vraag: moes hulle so lank met die stryd aangehou het?


Koop op Takealot

Koop op Loot


Koop op Amazon


Titles A-Z

Travel Directory


Reviews

There are no reviews yet.

Be the first to review “Boerekryger”

Your email address will not be published. Required fields are marked *