aard

Afrikaanse gedigte deur Francis Grobler

Hardekopie en eBoek (PDF-formaat)

Description

Dié digbundel bestaan uit ’n versameling van 72 gedigte.

In aard word woordkuns akkuraat aangewend en ontdek die leser intense en soms ontnugterende boodskappe in die metafore en vergelykings wat swaar uit die strofes hang. As kind groei die natuur wortels deur haar en haar versugting vir die aarde en die eenvoud daarvan word weerspieël in haar woordkuns – vandaar die titel van die gedig. Grobler is ’n vrygees woordkunstenaar met ’n ongewone prentjie-kop. ’n Poëet wat haar min steur aan dig-konsekwente kegels, kalibrasies of spesifikasies. Woorde is haar waterverf en digkuns die doek. Die eindproduk is meestal onverwags – selfs vir die digter. ’n Vrydenker. ’n Dromer. ’n Kind van die aarde.

Bevat 22 toonsettings deur verskeie kunstenaars uit uiteenlopende genres. Gesing deur Jaco Blomerus en Wynand en Cheree Strydom. Dit is ’n unieke samestelling van twee kunsvorme wat meesterlik vervleg. Kenmerkend van Grobler se werk is haar hoorletterlose skryfstyl.

Kontak Francis Grobler direk vir meer inligting en/of aankope.

Sien ook ander werke deur Grobler: pyltjies innie sand /// duskant annerkant

YouTube-video van ‘Engel by Bethesda’:



Grobler se debuutbundel, pyltjies innie sand word vrygestel in 2007. Daaropvolgende werke sluit in duskant annerkant, Wie Ore Het en aard. ’n Versameling van Grobler se ander werke word vervat in die omnibusse Vier Seisoene; Dissekteer die Reënboog en Die Tiende Provinsie. Van haar gedigte verskyn ook op die webwerf van DeKAT-tydskrif.

In Grobler se mees onlangse werke en met die ondersteuning van bekende name in die musiekbedryf, word poësie, beelde en musiek meesterlik vervleg tot kragtige vlerke met intense boodskappe. Verskeie woordkuns-en-musiekvideos is deel van haar vindingryke penvrugte. Haar nuutste bundel s’thwathwa is ’n versameling intense gedigte wat behoorlik hulle ink werd is. “Want dit is wat dit is.” Só sê sy.

Facebook: Francis G-digteFrancis Steyn Grobler

E-posadres: francis.grobler@telkomsa.net



Facebook Posts

10 hours ago

Francis G-digte

Okay... so hier's die nuwe bundel. As jy van digkuns hou, gooi tog maar 'n pennie in die kêpsie by my voete 😉. Dankie Alida Marais, Petro Hansen, Dana Snyman, Riva Schoeman, William de Bruin, Jan Breet vir al die botter-om-die-bek. Dankie Thomas Mollett vir ALLES! Tnx Corne Wolhuter v Straaten en Marna Botha van Breda vir julle geduld! Lizette Opperman en Jackie Potgieter... dankie. Dankie vir elkeen wat Afrikaans liefhet soos die aarde en elkeen se ondersteuning. Namasté! ✌❤🔆 ... See MoreSee Less

View on Facebook

6 days ago

Francis G-digte

RIP 😔❤✌🔆 ... See MoreSee Less

View on Facebook

6 days ago

Francis G-digte

❤✌🔆 ... See MoreSee Less

View on Facebook

1 week ago

Francis G-digte

❤✌🔆 ... See MoreSee Less

View on Facebook

2 weeks ago

Francis G-digte

(Hierdie gedig is vir jóú Ingrid Jonker...)

ingrid (19 julie 1965)

dalk
dalk as hulle hande sagter
en hulle oë minder vol git was
of as hulle tonge
net hálfgeslypte sekels
teen die halms van jou verse
en verstand was
was jou binnevlugte miskien anders

want ék weet
hoe vreeslik swaar ‘n mens
aan leë palms dra
wanneer jou spore eers
een maal in ‘n kantel moes staan
en jy soos ‘n skuilnaam
in die skadu’s moet hurk
en stukkender en stukkender
buig tot jy breek

dalk was dit omdat jy
deurskynend moes liefhê
of dalk is dit oor goed wat
doodraak van droef
dat jou mond moes stomp word
en jou asem só onverwags
moes terugsteier in jou keel

want hoe roep mens roerings terug in oë
wat laaswinter al gesterf het
en hoe snak jy lewe terug
in iets wat soos ‘n klaarte staan
wanneer jy jou hemele moet afstaan
aan dié met die blinde ore

en nóú nog ingrid
vermom óns met die omgekeerde spore
ons leegtes met stemme
en verbeel ons die skewe sonne rónder
as die raaisels wat dit werklik is

en dis díé, ingrid
dat jou asem
in elke donderse drieankerbaai
van mý bangplekke lê

francisgrobler©
... See MoreSee Less

View on Facebook


Nog YouTube-videos: Kragtens die Wet op Swye (Cheree); Saartjie (Jaco Blomerus); Versmakers (Cheree);  Liewe Boer (Cheree)



All Animal Lives Matter /// Cat Tails /// The Friendly Creatures /// Songs of the Wild /// Bonsai – Die Wurgverskynsel

The Western Breeze

Directory

Advertise any product or service in the Piquet Econo Ads section which appears at the bottom of EACH page, for only R240 per year.

Four images and 1 500 characters are allowed. Jump in while it is still new!

For more information on how to get an Econo Ad, visit this page.

Reviews

There are no reviews yet.

Be the first to review “aard”

Your email address will not be published. Required fields are marked *