s’thwathwa

Francis Grobler

Afrikaanse digbundel

Description

Waarskynlik dié mees intense versameling gedigte uit die pen van Grobler wat behoorlik hulle ink werd is. Die leser laat 90 kragtige, diepsinnige boodskappe en kopskilderye in die midde van die leser.

Hierdie unieke bundel debatteer geheimenisse en ontbloot die intriges en vraagtekens van elke faset van die lewe, tot op die been. Getrou aan die digter se vrygees-woordkuns is s’thwathwa weereens die voortreflike vrug van ’n vrydenker. Op haar geboortedag word die digter deur die Zoeloes vernoem na ’n swartryp-frats wat die omgewing tref. Sy word s’thwathwa (Isithwathwa), wat ryp of ys beteken – die titel van hierdie bundel. Soos in Grobler se vroeëre werke en as kind van die aarde, word haar intense band met die natuur steeds die basis waarop sommige van haar werke staan.



Grobler se debuutbundel, pyltjies innie sand word vrygestel in 2007. Daaropvolgende werke sluit in duskant annerkant, Wie Ore Het en aard. ’n Versameling van Grobler se ander werke word vervat in die omnibusse Vier Seisoene; Dissekteer die Reënboog en Die Tiende Provinsie. Van haar gedigte verskyn ook op die webwerf van DeKAT-tydskrif.

In Grobler se mees onlangse werke en met die ondersteuning van bekende name in die musiekbedryf, word poësie, beelde en musiek meesterlik vervleg tot kragtige vlerke met intense boodskappe. Verskeie woordkuns-en-musiekvideo’s is deel van haar vindingryke penvrugte. Haar nuutste bundel s’thwathwa is ’n versameling intense gedigte wat behoorlik hulle ink werd is. “Want dit is wat dit is.” Só sê sy.


Hierdie bundel is binnekort beskikbaar deur Piquet Books en/of deur die skrywer self. Dit behoort teen ongeveer 14 Februarie 2019 beskikbaar te wees. Indien jy belangstel om dit te bekom, stuur solank ’n epos aan info@piquetbooks.com. Die prys is R150 per bundel (PFD).


Facebook: Francis G-digte; Francis Steyn Grobler.

E-posadres: francis.grobler@telkomsa.net

YouTube-skakels: Engel by Bethesda (Cheree); Kragtens die wet op Swye (Cheree); Saartjie (Jaco Blomerus); Versmakers (Cheree); Liewe Boer (Cheree).



Facebook Posts

7 hours ago

Francis G-digte

☮♥️🔅 ... See MoreSee Less

View on Facebook

4 days ago

Francis G-digte

♥️🔆☮Namasté😉 ... See MoreSee Less

View on Facebook

1 week ago

Francis G-digte

My ink buig láág vanaand... julle sal weet... van toe tot nou... Wynand en Cheree, Thomas Mollett, Tony Ridgway, Douw Steyn, Herman Steyn, Stiaan Reynierse, William de Bruin, Wouter Van de Venter, Anita Van de Venter, Jaco Blomerus, Dirk Fischer, Nathan Smith, Vinnie Henrico... Blessed...🙏☮♥️🔅 ... See MoreSee Less

View on Facebook

2 weeks ago

Francis G-digte

Namasté☮♥️🔅 ... See MoreSee Less

View on Facebook




Jy ken daardie deur /// As alles rondom jou sink /// In die Koninkryk van die Lam /// As jy deur vuur gaan

aard /// pyltjies innie sand /// s’thwathwa /// duskant annerkant

All Titles – Directory /// Showcase

The Western Breeze

VPH Films Promotional Video:

Reviews

There are no reviews yet.

Be the first to review “s’thwathwa”

Your email address will not be published. Required fields are marked *