Skryf en Publiseer ’n e-Boek

Piquet Books

Desember 2019

PDF-formaat

18 bladsye

Vir e-pos/EFT-bestelling- en betaling, gebruik die vorm onder ‘Description’  

Categories: , ,

Description

Koop Van Skrywer tot Selfuitgewer en kry hierdie e-gids gratis daarby. Op sy eie beloop hierdie gids R100. Dit word aanbeveel om die stel te verkry, aangesien die gidse mekaar aanvul en tesame ‘n wyer veld dek.


Enigeen kan vandag maklik ’n e-boek skryf en wêreldwyd verkoop. Die hedendaagse tegnologie, die Internet, en veral sosiale media, maak dit makliker as ooit tevore. Jy hoef geen ervare of goeie skrywer te wees nie, en jy hoef ook nie honderde bladsye uit te wurg nie. Maar om die kanse op sukses te verhoog, moet ’n bemarkbare produk geskep word; én jy moet weet hoe en waar om die e-boek te bemark en te verkoop.

In hierdie e-gids bring Piquet Books baie nuttige inligting bymekaar om aan die voornemende e-boek-skrywer vele wenke te verskaf oor die skryfproses; ook hoe om die e-boek te bemark en te verkoop (insluitende op Amazon.com).

Het jy ’n passie oor ’n sekere onderwerp, of weet jy meer daarvan as ander, en wil graag jou kennis met ander deel? Wil jy dalk begin om ’n naam te maak as ’n kortverhaal- or romanskrywer? Het jy vakkundige kennis wat jy met ander wil deel? Waarom nie ’n e-boek daaroor skryf en uitbring nie? Afgesien daarvan dat dit vir jou deure in die toekoms kan oopmaak, kan dit ook jou inkomste aanvul. e-Boeke kan teen geringe koste geskep en bemark word, met ’n baie hoë wins-marge.

Jy kan ook ’n e-boek skep as ’n bemarkingsimplement en dit dan gratis weggee om jou produk of diens te bemark. Die moontlikhede is eindeloos.

Hierdie kort en kragtige gids sal jou help om aan die gang te kom en sal jou van praktiese en tegniese raad voorsien ten einde ’n funksionele, netjiese en bemarkbare e-boek te skep. Dit sal ook die hedendaagse bemarkingsplatforms aan jou verduidelik en hoe jy te werk moet gaan om veral Facebook Bemarking tot volle potensiaal te gebruik.

Nog nooit was daar ’n beter tyd om e-boeke te skryf en te bemark as nou nie! Maar in die oorlaaide mark moet jy uitstaan en kreatief wees. Hierdie gids sal jou met hierdie opwindende proses help.

“And by the way, everything in life is writable about if you have the outgoing guts to do it, and the imagination to improvise. The worst enemy to creativity is self-doubt.” – Sylvia Plath

Indien jy die e-boek wil bestel, maar per EFT wil betaal, stuur ’n boodskap met die onderste vorm, om ’n faktuur te ontvang.


Het jy dalk digkuns of kortverhale wat jy in boekvorm wil sien en self wil uitgee (of as e-boek én hardekopie)? Gebruik dan Piquet Books se 5K Model vir Selfuitgewers vir ’n diens wat ontwerp, tegniese redigering en drukfasilitering insluit. Lees meer daaroor hier.



Titles A-Z

Travel Directory


Reviews

There are no reviews yet.

Be the first to review “Skryf en Publiseer ’n e-Boek”

Your email address will not be published. Required fields are marked *