Laatoes

Hennie van Deventer

Naledi, 2017

288 pages

Description

Met ’n fyn uitgesoekte seleksie geleentheidstukke kyk koerantredakteur Hennie van Deventer terug op ’n glansryke loopbaan in die Suid-Afrikaanse joernalistiek. Die reikwydte van die sketse is enorm: van begrafnisse tot feeste; van herdenkings tot bekendstellings; van humor tot ernstige besinnings; van die intiem-persoonlike tot die openbare.

Trouens, met Laatoes word ons nie net met die totale omvang van menswees gekonfronteer nie, maar besef die leser ook algaande hoe indrukwekkend dit is om die lewe met waardigheid en deernis te leef.

Die uiteenlopende persoonlikhede wat aan die bod kom, is met Van Deventer se kenmerkende pittigheid en fyn waarneming gepenskets; in dié mate dat die leser telkens getref word deur die enorme stuk menslikheid en patos wat deur die teks na vore gebring word.

Wat die bundel die leesplesier maak wat dit is, is die humorstukke. Trouens, dit is wanneer hierdie kanniedood-koerantman sy geestigheid ten toon stel, dat die leser besef dat jy hier met die skryfwerk van ’n besonderse woordsmid te make het. Nie dat die ander woordportrette in hierdie versameling óóít heeltemal sonder humor is nie! Dit is juis dié vonkel-in-die-oog-kyk na sake, wat hul aard ook al mag wees, wat Van Deventer van die meeste ander onderskei.


Meer Inligting & Koop


Titles A-Z

Travel Directory


Reviews

There are no reviews yet.

Be the first to review “Laatoes”

Your email address will not be published. Required fields are marked *