ek_is_nog_hier_omslag_voor_crop_website2

Ek is nog hier

R150.00

Print Replica eBook

Ek is nog hier is ’n inspirerende memoir wat handel oor Irene Fischer se lewe nadat sy ’n traumatiese breinbesering in ‘n motorongeluk opgedoen het in 2009.

Category:

Ek is nog hier is ’n inspirerende memoir wat handel oor Irene Fischer se lewe nadat sy ’n traumatiese breinbesering in ‘n motorongeluk opgedoen het in 2009. Dit het haar onverwags in ’n onbekende wêreld gedompel; die leefwêreld van ’n gestremde. As mens onverwags deur ’n vuurdoop gaan en herverpak – gestremd – aan die ander kant uitkom, hoe verwerk mens die verlies? Wat maak jy met die flenters wat oor is?

Ek is nog hier is vol waardevolle lesse wat Irene geleer het sedert haar lewe handomkeer verander het. Verrassende, soms ontstellende ontdekkings word afgewissel met ‘n spontane humorsin wat die balans handhaaf tussen lig en donker, wanhoop en optimisme.

Irene maak haar debuut as skrywer met Ek is nog hier.

Die hardekopie kan direk van die skrywer bestel word. Besoek www.irenefischer.co.za

Die Kindle eBoek is op Amazon.com beskikbaar (teen ongeveer 10 USD)