Bybelstories in Perspektief

Sakkie Spangenberg

Naledi, Maart 2021

 

Description

Sakkie Spangenberg hervertel enkele bekende Bybelstories en probeer om op ’n nuwe manier iets te sê van die aarde waarop ons leef en die heelal waarvan ons deel is. Hy doen dit deur telkens twee stories te vertel – eers ’n baie ou Bybelse storie en dan ’n nuwe wetenskaplike een. Tussendeur verwys hy ook graag na David Kramer se lied getiteld “Die ou aarde”. Hy hoop dat die stories en die lied kinders met nuwe oë na die aarde en alles daarop sal laat kyk.


Professor Spangenberg het teologie aan die Universiteit van Stellenbosch studeer. Hy behaal later ’n meestersgraad in Semitiese Tale en ’n doktorsgraad in Ou Testament. Hy het voorheen agt jaar Bybelkunde aan die Randse Afrikaanse Universiteit (tans die Universiteit van Johannesburg) doseer en dertig jaar Bybelkunde en Ou Testament aan Unisa. Hy het in 2016 afgetree, maar bestudeer steeds die Bybel. Afgesien daarvan lees hy graag na oor geologie en biologie, kyk voëls en verwonder hom aan die aarde en alles wat daarop leef. Hy beskou Albert Schweitzer se lewensfilosofie – eerbied en respek vir lewe – as rigtinggewend. Hy is getroud en het twee seuns, twee skoondogters en drie kleinkinders.


Meer Inligting & Koop


Titles A-Z

Travel Directory


Reviews

There are no reviews yet.

Be the first to review “Bybelstories in Perspektief”

Your email address will not be published. Required fields are marked *