Description
Tydens die Anglo-Boereoorlog was dit nie net Boer teen Brit nie, maar ook Boer teen Boer. Etlike burgers van die Boere-republieke het as joiners by die Britse magte aangesluit, terwyl ander inligting oor die Boeremagte aan die vyand verskaf het. Die straf vir die verraad? Die dood.
Die Anglo-Boereoorlog het nie net helde opgelewer nie. In die stryd het broer teen broer ook teen mekaar te staan gekom. Duisende republikeinse burgers het as joiners by die Britse magte aangesluit, terwyl ander weer inligting oor die Boeremagte aan die vyand verskaf het. Die straf vir hul verraad? Die dood. In Boereverraaier word die teregstellings dramaties herskep met aanhalings uit dagboeke en veldverslae. Daar is tragiese verhale soos die van vier broers van Wakkerstroom wat almal op een dag gefusilleer is en kommandolede wat van hul voormalige makkers moes teregstel.
Koop op Takealot
Koop op Amazon
Reviews
There are no reviews yet.