aard

Afrikaanse gedigte deur Francis Grobler

Hardekopie en eBoek (PDF formaat)

Description

Dié digbundel bestaan uit ’n versameling van 72 gedigte.

In aard word woordkuns akkuraat aangewend en ontdek die leser intense en soms ontnugterende boodskappe in die metafore en vergelykings wat swaar uit die strofes hang. As kind groei die natuur wortels deur haar en haar versugting vir die aarde en die eenvoud daarvan word weerspieël in haar woordkuns – vandaar die titel van die gedig. Grobler is ’n vrygees woordkunstenaar met ’n ongewone prentjie-kop. ’n Poëet wat haar min steur aan dig-konsekwente kegels, kalibrasies of spesifikasies. Woorde is haar waterverf en digkuns die doek. Die eindproduk is meestal onverwags – selfs vir die digter. ’n Vrydenker. ’n Dromer. ’n Kind van die aarde.

Bevat 22 toonsettings deur verskeie kunstenaars uit uiteenlopende genres. Gesing deur Jaco Blomerus en Wynand en Cheree Strydom. Dit is ’n unieke samestelling van twee kunsvorme wat meesterlik vervleg. Kenmerkend van Grobler se werk is haar hoorletterlose skryfstyl.

Kontak Francis Grobler direk vir meer inligting en/of aankope.

Sien ook ander werke deur Grobler: pyltjies innie sand /// duskant annerkant

YouTube-video van ‘Engel by Bethesda’:



Grobler se debuutbundel, pyltjies innie sand word vrygestel in 2007. Daaropvolgende werke sluit in duskant annerkant, Wie Ore Het en aard. ’n Versameling van Grobler se ander werke word vervat in die omnibusse Vier Seisoene; Dissekteer die Reënboog en Die Tiende Provinsie. Van haar gedigte verskyn ook op die webwerf van DeKAT-tydskrif.

In Grobler se mees onlangse werke en met die ondersteuning van bekende name in die musiekbedryf, word poësie, beelde en musiek meesterlik vervleg tot kragtige vlerke met intense boodskappe. Verskeie woordkuns-en-musiekvideos is deel van haar vindingryke penvrugte. Haar nuutste bundel s’thwathwa is ’n versameling intense gedigte wat behoorlik hulle ink werd is. “Want dit is wat dit is.” Só sê sy.

Facebook: Francis G-digteFrancis Steyn Grobler

E-posadres: francis.grobler@telkomsa.net



Facebook Posts

16 hours ago

Francis G-digte

♥️☮🔅Namasté😉 ... See MoreSee Less

View on Facebook

2 days ago

Francis G-digte

♥️🔅☮ ... See MoreSee Less

View on Facebook

2 days ago

Francis G-digte

lê my teen die reën

lê my teen die reën vannag –
lê my teen die reën

en laat my knieë optrek teen my bors
dat ek jou kan beduie aan die nag
wat so deurskynend brand stig
in die braambos van my hart

ag was jy ‘n vertelde
of ‘n fabel
of ‘n vreemde
of ‘n vêraf kontinent

maar kyk hoe breek die sonne uit jou keel
en kyk hoe breed word die seisoene
as jou naam in kruise teen die hemel brand

ek’t nooit geweet dat reën
nie nét uit somers hang nie
want die sterre het jou verduidelik
lank voor daar gisters
of die wêreld ‘n spul bybels was

ek sal jou dra
in die wig van my bors
soos ‘n klein verbond
en my asem sal soos spookskrif
in my kuiltjie hang

en as die elims uit jou iris val (soos vandag)
sal ek jou van voor-af indig teen die Lig
sodat die lammers deurnag slaap

en sal ek vir jou tempels op my hande bou
en seders en soetriet in die vleie plant
ek sal brood los by die kritte van jou kop
in die wieg van ‘n ou-ou testament

maar vir eers
sal ek vere voor my vensters hou
sodat geen wiggelaar of war
die sugte uit die some van my kyk kan skeur
of my oë in bystellings aan die wêreld smous nie

lê my teen die reën vannag -
lê my teen die reën

laat my sterf
en vir drie dae bly
soos Jesus en jona en jy

want jy sal weer soos wierook ruik – en ek soos gras
soos toe my mond ‘n bietjie sagter was

fg2019©
... See MoreSee Less

View on Facebook

2 days ago

Francis G-digte

word golwe eers branders as dit breek?

wat sukkel my hande so?
en hoor hoe sleep my tong
kyk hoe wankel my woorde
en kyk hoe stotter my strofes in hul staan

hoor hoe val my verse oor hul voete
of is dit net die aarde wat roggel?
sý wat eens so sorgsaam was

kyk hoe sit die ink in die hoeke van my mond
en voel hoe dun word die drakrag
van dig in hierdie plek

ek wonder hoeveel dele droef ‘n sonsak bed-toe dra
en hoe ver liefde buig voor dit skeur?
want kyk hoe krom trek die maan vanaand

of word golwe eers branders as dit breek?

fg2019©
... See MoreSee Less

View on Facebook

6 days ago

Francis G-digte

☮♥️🔆 ... See MoreSee Less

View on Facebook


Nog YouTube-videos: Kragtens die wet op Swye (Cheree); Saartjie (Jaco Blomerus); Versmakers (Cheree);  Liewe Boer (Cheree)



All Animal Lives Matter /// Cat Tails /// The Friendly Creatures /// Songs of the Wild /// Bonsai – Die Wurgverskynsel

The Western Breeze

All Titles – Directory /// Showcase /// Free Reads

Piquet Books Facebook Page

Reviews

There are no reviews yet.

Be the first to review “aard”

Your email address will not be published. Required fields are marked *